Quimper

QuimperKemper

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (gewes) Bretagne
 Département Finistère
 Koördinate 48°00′N 5°47′W / 48.000°N 5.783°W / 48.000; -5.783
 Stigting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 84,45 vk km
 Hoogte bo seevlak -5-151 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 63 387
 - Bevolkingsdigtheid 751/vk km
 - Metropolitaanse gebied 123 999
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Bernard Poignant
 Amptelike webwerf quimper.bzh

Quimper (Bretons: Kemper) is die hoofstad (préfecture) van die Bretonse département Finistère (Noordwes-Frankryk) met 63 387 inwoners (2009).

Die ou stadskern van Quimper

Die Bretonse naam Kemper (samevloeiing) is afgelei van die geografiese ligging van die stad by die samevloeiing van die riviere Frout, Steir en Odet. Die oorspronklike naam van Quimper is Quimper-Corentin (Bretons: Kemper-Kaorentin), 'n verwysing na die heilige Corentin, die eerste biskop van die stad. Tydens die Franse Rewolusie is hierdie Christelike naam gewysig na Montage-sur-Odet.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy