Raaf

Raaf
C. corax tibetanus afgeneem in
Tibet en 'n klankopname uit Italië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. corax

(Linnaeus, 1758)
Binomiale naam
Corvus corax
      verspreiding

Die raaf (Corvus corax) is ’n groot, swart sangvoël. Hulle word in die Noordelike Halfrond aangetref en is die lede van die familie Corvidae wat die wydste verspreid is. Daar is minstens agt subspesies wat nie veel in voorkoms verskil nie, maar daar is aansienlike genetiese verskille tussen die bevolkings van verskillende streke. Dit is een van die grootste Corvidae-spesies en moontlik die swaarste sangvoël; ’n volwasse raaf is sowat 63 cm lank en weeg omtrent 1,2 kg.

Hulle kan 21 jaar lank in die natuur oorleef.[1] Jong voëls kan in swerms voorkom, maar hulle vorm daarna pare vir die res van hul lewe.

Rawe bestaan al duisende jare lank saam met die mens en is in sommige gebiede so talryk dat hulle as ’n plaag beskou word. Deel van hul sukses as ’n spesie is vanweë hul omnivore dieet. Hulle is ook baie goed daarin om kos te vind, veral aas, insekte, graan, bessies, vrugte, klein diertjies en afvalkos.

Rawe is buitengewoon intelligent.[2] Hulle was deur die eeue die onderwerp van mitologie, folklore, kuns en letterkunde. In baie kulture, soos die inheemse kulture van Skandinawië, Ierland, Wallis, Bhoetan, Noord-Amerika en Siberië, is die raaf beskou as ’n spirituele figuur of godheid.[3]

  1. Wasser, D. E.; Sherman, P.W. (2010). "Avian longevities and their interpretation under evolutionary theories of senescence". Journal of Zoology. 280 (2): 103–155. doi:10.1111/j.1469-7998.2009.00671.x.
  2. http://www.abc.es/ciencia/abci-cuervos-pueden-inteligentes-como-nino-tres-anos-201604262232_noticia.html
  3. Jones, Noragh (1995). Power of Raven, Wisdom of Serpent. Floris Books. ISBN 0-940262-66-5.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy