Rakshasa

’n Rakshasa soos uitgebeeld in Yakshagana, ’n kunsvorm van Karnataka.

’n Rakshasa (Sanskrit: राक्षस rākṣasa) is ’n mitologiese wese in die Hindoemitologie. Omdat hierdie mitologie ander godsdienste beïnvloed het, is die rakshasas later in Boeddhisme opgeneem. Hulle word ook "mensvreters" (nri-chakshas of kravyads) genoem. ’n Vroulike rakshasa is ’n rakshasi. ’n Rakshasi in menslike vorm is ’n manushya-rakshasi. Die terme "asura" en "rakshasa" word soms afwisselend gebruik.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy