Ratingen

Ratingen

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Noordryn-Wesfale
 Koördinate 51°18′N 6°51′E / 51.300°N 6.850°O / 51.300; 6.850
 Stigting (eerste verwysing) 849
 Stadstatus 11 Desember 1276
 Oppervlakte:  
 - Totaal 88,74 vk km
 Hoogte bo seevlak 55-180 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2015) 86 615[1]
 - Bevolkingsdigtheid 976/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Klaus Konrad Pesch
 Amptelike Webwerf ratingen.de

Ratingen is 'n stad in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale met 'n bevolking van 86 615 (soos op 30 Junie 2015).

Die geskiedenis van Ratingen, wat naby die Ryn geleë is en aan die deelstaathoofstad Düsseldorf grens, strek terug tot in die eerste helfte van die 9de eeu, en reeds in 1276 is stadstatus aan die nedersetting verleen. Die plaaslike ekonomie trek voordeel uit die nabyheid van Düsseldorf en sy internasionale lughawe (die tweede grootste in Duitsland na Frankfurt am Main) asook sy ligging langs die digste snelwegnetwerk in Europa en naby die Rynhawens van Düsseldorf en Duisburg.[2] So het 'n groot verskeidenheid ondernemings uit die sekondêre en tersiêre sektor sy Duitse hoofkwartiere of ander belangrike nasionale filiale in Ratingen gevestig, waaronder ABB, Mitsubishi Electric, Hewlett-Packard, Esprit Holdings, Vodafone, LG, DKV en Keramag.

  1. "Information und Technik Nordrhein-Westfalen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2016. Besoek op 19 April 2016.
  2. Stadt Ratingen - Ekonomie. Besoek op 19 April 2016

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy