Reaktansie

In die analise van wisselstroom elektriese stroombane (soos byvoorbeeld 'n RLC series stroombaan), is reaktansie die imaginêre deel van die impedansie, wat veroorsaak word deur die teenwoordigheid van 'n induktor of kapasitor in die stroombaan. Reaktansie veroorsaak 'n fase skuif tussen die elektriese stroom en spanning in die stroombaan. Reaktansie word deur die simbool X voorgestel en word in ohms gemeet.

  • Wanneer X > 0, word die reaktansie induktiewe reaktansie genoem,
  • Wanneer X = 0, is die stroombaan 'n suiwer weerstandskring, daar is dus geen reaktansie,
  • Wanneer X < 0, word die reaktansie kapasitiewe reaktansie genoem.

Die verhouding tussen impedansie, weerstand, en reaktansie word deur die volgende verhouding gegee:

waar

Z die impedansie in ohms is,
R die weerstand in ohms is,
X die reaktansie in ohms is, en
j die imaginêre eenheid is.

Die grootheid van impedansie word bereken as:

In suiwer induktiewe en kapasitiewe stroombane, vereenvoudig die grootheid van die impedansie na die reaktansie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy