Repsyfer

In ontspanningswiskunde is 'n repsyfer (Engels: repdigit of monodigit)[1] 'n natuurlike getal wat uit 'n herhalende syfer bestaan. Die term is 'n kombinasiewoord van "repeterende" en "syfer". Wiskundig beskou het dié getalle geen besondere eienskappe nie.

In die tiensyferstelsel is voorbeelde van repsyfers 11, 222, 7777 en 9999999. Een van die bekendstes is 666 (die getal van die dier in die Bybelboek Openbaring).

  1. Beiler, Albert (1966). Recreations in the Theory of Numbers: The Queen of Mathematics Entertains (2 uitg.). New York: Dover Publications. p. 83. ISBN 978-0-486-21096-4.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy