Resensie

'n Resensie is die evaluering van 'n publikasie, diens of maatskappy, soos 'n rolprent ('n fliekresensie), videospeletjie (videospeletjie-resensie), musikale samestelling (musiekresensie) van 'n komposisie of opname, boek (boekresensie); hardeware soos 'n motor, huistoestel of rekenaar; of 'n gebeurtenis of opvoering, soos 'n lewendige musiek konsert, toneelstuk, musiekteater vertoning, dansskou of kunsuitstalling. Benewens 'n kritiese evaluering kan die resensent die werk 'n gradering toeken om die relatiewe meriete aan te dui. Meer informeel kan 'n resensent huidige gebeure, tendense of items in die nuus resenseer. 'n Versameling resensies kan self geresenseer word en dan 'n resensie genoem word. Die New York Review of Books, byvoorbeeld, is 'n versameling resensies oor literatuur, kultuur en aktuele sake. National Review, gestig deur William F. Buckley, Jr. , [1] is 'n invloedryke konserwatiewe tydskrif, en Monthly Review is 'n lank bestaande sosialistiese tydskrif.[2]

  1. "William F. Buckley Jr" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2019. Besoek op 23 April 2015.
  2. "About Monthly Review" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 23 April 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy