Ribgewelf

'n Romaanse ribgewelf, Peterborough-katedraal (1118).
'n Gotiese ribgewelf, Reims-katedraal, (1221).

'n Ribgewelf is 'n argitektoniese metode om 'n groot spasie te bedek, soos die skip van 'n kerk. Dit bestaan uit 'n raamwerk van gekruisde of diagonale geboë ribbe. Variasies is gebruik in Romeinse, Bisantynse, Islamitiese, Romaanse en Gotiese argitektuur. Dun klippanele vul die spasies tussen die ribbe. Dit verminder die gewig en dus die uitwaartse drukking van die gewelf. Die ribbe versprei die gewig afwaarts en na verskillende punte, gewoonlik rye pilare. Dit het argitekte van Gotiese katedrale in staat gestel om dunner en hoër mure met veel groter vensters te ontwerp.[1][2]

Die vroegste voorbeeld wat in Islamitiese argitektuur bewaar gebly het, is die Mezquita-katedraal van Córdoba in al-Andalus op die Iberiese Skiereiland, wat 'n eeu voor die vroegste Romaanse voorbeelde gebou is.[3][4]

  1. Encyclopædia Britannica on-line "Gothic architecture - Ribbed vault" (besoek op 4 Junie 2020)
  2. Renault & Lazé 2006, pp. 34–35.
  3. Giese, Pawlak & Thome 2018.
  4. Giese-Vögeli 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy