Roetetabel

In rekenaarnetwerke is 'n roetetabel 'n elektroniese tabel of databasis wat gestoor word op 'n roeteerder of 'n netwerkrekenaar. Die roetetabel stoor die roetes (en in sommige gevalle die voorkeurgewigte wat met daardie roetes gepaardgaan). Hierdie inligting bevat die topologie van die netwerk in die onmiddellike omgewing daarvan. Die saamstel van roetetabelle is die hoofdoel van roeteringsprotokolle en statiese roetes.

Roetetabelle word gewoonlik nie direk gebruik vir pakket aansture in moderne roetebepalerargitekture nie, maar word eerder gebruik om die inligting vir 'n kleiner aanstuurtabel te verkry wat slegs die roetes bevat wat deur die roeteringsalgoritme gekies is as die voorkeurroetes vir pakket aansture, dikwels in 'n saamgeperste- of voorafsaamgestelde formaat wat geoptimiseer is vir stoor- en opsoekdoeleindes op die hardeware.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy