Rush

Rush
Alex Lifeson, Geddy Lee en Neil Peart van Rush in 2004
Agtergrondinligting
OorsprongToronto, Ontario, Kanada
GenresHard rock
Heavy metal
Progressiewe rock
Jare aktief1968 - 2018
EtiketteMoon, Mercury, Anthem, Atlantic
Webwerfhttp://www.rush.com
Gewese ledeGeddy Lee
Alex LIfeson
Neil Peart
John Rutsey
Jeff Jones

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Rush was 'n Kanadese rockgroep wat in Augustus 1968 in Willowdale, Toronto gevorm is. Die groep bestaan uit Geddy Lee (voorsanger, baskitaar en klawerbord), Alex Lifeson (kitaar) en Neil Peart (tromme, liedjieskrywer). Die groeplede het tussen 1968 en 1974 verskeie kere gewissel. In sy huidige vorm bestaan Rush sedert Julie 1974 toe die groep se oorspronklike tromspeler, John Rutsey, kort voor die eerste VSA-toer deur Peart vervang is.

Sedert Rush hulle gelyknamige debuutalbum in Maart 1974 vrygestel het, staan die groep vir hul musikale vernuf, ingewikkelde komposisies en die eklektiese motiewe van hul lirieke bekend wat dikwels deur wetenskapsfiksie, fantasieverhale en filosofiese beskouings geïnspireer is en humanitêre, sosiale, emosionele en omgewingsvraagstukke aanspreek.

Rush se musikale styl het oor die jare verander en was aanvanklik - op hulle eerste langspeler - deur heavy metal en blues geïnspireer. Later is dit deur hard rock, progressiewe rock en 'n periode met uitbundige gebruik van sintetiseerders gekenmerk. 'n Verskeidenheid musikale kunstenaars het na Rush as een van hulle beduidendste musikale invloede verwys, waaronder groepe soos Metallica, Primus en The Smashing Pumpkins en progressiewe metal-groepe soos Dream Theater en Symphony X.

Rush het 'n aantal Juno Awards gewen en is in 1994 in die Kanadese Music Hall of Fame opgeneem. Daarnaas het Rush reeds 24 goue en 14 platinum-albums (waaronder drie multi-platinum-albums) op hul musiekkerfstok. Albumverkope wêreldwyd is op meer as 40 veertig miljoen beraam.

Rush het aangekondig dat hulle sou ophou toer in 2015. Drie jaar later het Lifeson verklaar in Januarie 2018 dat die groep klaar is.[1][2]

  1. "RUSH Guitarist ALEX LIFESON: "We Have No Plans To Tour Or Record Anymore. We're Basically Done"" (in Engels). Blabbermouth. 19 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 19 Januarie 2018.
  2. Wheeler, Brad (16 Januarie 2018). "How the end of Rush let Alex Lifeson be 'as creative as I want to be'". The Globe and Mail (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2020. Besoek op 21 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy