Rynromantiek

In Karl Christian Köhler se litografie Der Rhein (omstreeks 1870) word die oorsteking van die Ryn as kunsmotief ook 'n allegorie van die Rynromantiek
Die kasteel Katz en die Loreley-rots
In die 19de eeu is die bouvalle van middeleeuse Rynkastele soms heropgebou. Die eerste herboude kasteel was Rheinstein naby Trechtingshausen
Die 19de eeuse kasteel Stolzenfels is deur die Rynromantiek geïnspireer

Die Rynromantiek was 'n kuns- en kultuurstroming binne die Romantiek waarin die rivierlandskap en die sages en mites, wat rondom die geskiedenis van die Duitse Rynvallei ontstaan het, die middelpunt van belangstelling geword en groot invloed op die Duitse Romantiek uitgeoefen het. Vanaf die laat 18de tot die laat 19de eeu het die Rynromantiek in alle kunsgenres uitdrukking gevind en van riviervaarte op die Ryn 'n gewilde toeriste-aantreklikheid gemaak – en die prototipe van georganiseerde toerisme.[1] Dit was die kombinasie van 'n ongerepte rivier, die lig van die Rynvallei, die steil rotswande langs sy oewers, die middeleeuse karakter van die nedersettings langs die rivier en die bouvalle van kastele waardeur kunstenaars en besoekers gefassineer is.

  1. Erlebnis Rheinland – Vom romantischen Rhein zur Rheinromantik. Besoek op 1 Februarie 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy