Sabie

Sabie
Sabie se hoofstraat
Sabie se hoofstraat
Sabie is in Mpumalanga
Sabie
Sabie
 Sabie se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°05′52″S 30°46′45″O / 25.09778°S 30.77917°O / -25.09778; 30.77917
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitThaba Chweu
Oppervlak
 • Totaal55,03 km2 (21,25 vk. myl)
Hoogte
1 066 m (3 497 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal9 148
 • Digtheid166/km2 (430/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense30.1%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense8.0%
 • Swart mense60.8%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 33.4%
 • Swazi 23.9%
 • Sotho 14.5%
 • Engels 10.4%
 • Ander 17,8%
Poskode (strate)
1260
Poskode (posbusse)
1260
Skakelkode013

Sabie is 'n bosboudorp geleë aan die oewers van die Sabierivier in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die Sabierivier was eens op 'n tyd vol krokodille en daarom het die Sjangaan-stam die rivier uluSaba (rivier van vrees) gedoop. Die dorp is gestig nadat HT Glynn en JC Ingle goud hier ontdek het en die Glynns-Lydenburg Gold Mining Company gestig het.

Dit is 360 km oos van Johannesburg en sowat 64 km wes van die gewilde Krugerwildtuin geleë en is 'n baie gewilde toeristebestemming.

Die belangrikste nywerheid is bosbou. Die plantasies rondom Sabie vorm een van die wêreld se grootste mensgemaakte woude.

Die dorp is sowat 1000 meter bo seevlak en val in die somerreënvalgebied. Die bekende Long Tompas begin net buite Sabie en verbind dié dorp met Lydenburg.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Sabie". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy