Saga

Dronning Ragnhilds drøm (Koningin Ragnhild se Droom) uit Snorre Sturlassons Kongesagaer deur Erik Werenskiold, omstreeks 1899.

Sagas is stories oor hoofsaaklik die antieke Nordiese en Germaanse geskiedenis, vroeë Wiking-reise, die gevegte tydens dié reise, die migrasie na Ysland en die vetes tussen Yslandse families. Hulle is hoofsaaklik in Oudnoors in Ysland geskryf.[1]

Die tekste is in ’n prosavorm wat ooreenkomste toon met die epos. Die verse of hele gedigte is dikwels in allitererende vorm en beskryf helde en heroïese dade van lank gelede. Die helde was dikwels Wikings – sommige heidens en ander Christelik. Die verhale is meestal realisties, behalwe in die geval van legendariese sagas, die sagas oor heiliges en biskoppe en vertaalde romantiese stories. Dié is soms geromantiseer en denkbeeldig.

  1. Old Norse saga, class of heroic prose narratives (Merriam-Webster)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy