Sakurajima

Sakurajima
Die uitsig op Sakurajima van die vasteland in Kagoshima, 2009. Die uitsig op Sakurajima van die vasteland in Kagoshima, 2009.
Ligging Kagoshima-prefektuur, Japan
Hoogte 1 117 meter bo seevlak
Koördinate 31°34′50″N 130°39′29″O / 31.58056°N 130.65806°O / 31.58056; 130.65806
Bergtipe Somma-stratovulkaan
Laaste uitbarsting 1955 tot 2021 (tans)[1]
Ligging van Sakurajima op 'n kaart (Japan)
Sakurajima
Sakurajima
Ligging in Japan.

Sakurajima (Japannees: 桜島, letterlik "Kersiebloeiseleiland") is 'n aktiewe stratovulkaan, voorheen 'n eiland en nou 'n skiereiland, in Kagoshima-prefektuur in Kyushu, Japan.[2] Die lawastrome van die uitbarsting in 1914 het dit met die Osumi-skiereiland verbind.[3] Dit is die aktiefste vulkaan in Japan.[4]

In April 2021 het die vulkaan steeds uitgebars[5] en as op die omgewing laat neerstort. Vroeëre uitbarsings het die witsandhooglande in die streek geskep. Op 13 September 2016 het 'n span kenners van die Universiteit van Bristol en die Sakurajima-vulkaannavorsingsentrum in Japan gesê die vulkaan kan binne 30 jaar 'n groot uitbarsting hê; twee uitbarstings het sedertdien voorgekom.[6]

Sakurajima is 'n stratovulkaan. Dit het drie pieke: Kita-dake (noord), Naka-dake (sentraal) en Minami-dake (suid), wat nou aktief is.

Kita-dake is Sakurajima se hoogste piek; dit styg tot 1 117 m bo die seevlak. Die voormalige eiland is deel van die stad Kagoshima.[7] Die oppervlakte van die huidige skiereiland is sowat 77 km2.

  1. "Sakurajima volcano" (in Engels). 31 Januarie 2019.
  2. Nussbaum, Louis-Frédéric. (2005). "Sakurajima" in Japan Encyclopedia, p. 814; sien foto, onderskrif -- Kagoshima after Sakurashima eruption, Illustrated London News. Januarie 1914.
  3. Davison C (21 September 1916). "The Sakura-Jima Eruption of January, 1914". Nature. 98 (2447): 57–58. Bibcode:1916Natur..98...57D. doi:10.1038/098057b0. S2CID 3964260.
  4. "Sakurajima, Japan's Most Active Volcano". nippon.com (in Engels). Nippon Communications Foundation. Mei 16, 2018. Besoek op Augustus 2, 2018.
  5. "Sakurajima Volcano Volcanic Ash Advisory: VA AT 20210405/0420Z FL050 EXTD NE OBS VA DTG: 05/0420Z to 5000 ft (1500 m)". volcanodiscovery.com. Besoek op 6 April 2021.
  6. McCurry, Justin (13 September 2016). "New data points to major eruption of Japanese volcano". the Guardian. Besoek op 17 April 2018.
  7. Nussbaum, "Kagoshima prefecture" at p. 447.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy