Seeorrel

Seeorrel in Zadar, Kroasië. Die klank kom uit die openinge langs die boonste trap
'n Klankopname van die seeorrel.

Die seeorrel in Zadar, Kroasië, is 'n argitektoniese installasie wat klankkuns voortbring. Die seeorrel, 'n eksperimentele musiekinstrument, bestaan uit pype onder 'n groot stel marmertrappe. Wanneer seeglowe en wind oor en deur die pype spoel, is sagte, meesleurende, dog ietwat weemoedige klanke hoorbaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy