Seeroofdiere

Seeroofdiere
Vinvoetiges
Phoca vitulina
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Pinnipedia
Families

Seeroofdiere of vinvoetiges is 'n superfamilie in die orde van roofdiere. Die superfamilie omvat drie families:

  • Oorrobbe (Otariidae) – waartoe die seeleeus en die seebere behoort.
  • Walrusse (Odobenidae)
  • Robbe (Phocidae) – ook seehonde of oorlose robbe genoem.

Vroeër is die groep as 'n aparte suborde of selfs orde, genaamd Pinnipedia gereken. Tans word algemeen aanvaar dat die groep aan die suborde Caniformia behoort, en dat die groep moontlik self die resultaat van parallelle ontwikkeling is. Een teorie is dat die robbe 'n otteragtige voorouer het, terwyl die walrusse en oorrobbe 'n beeragtigege voorouer het.

Seeroofdiere kom langs die kuste van die meeste seë en oseane voor. Daar is ook enkele populasies in soetwatermere, soos die Baikalrobbe van die Baikalmeer. Hulle is vir voortplanting aan droë grond gebonde. Die kleintjies word op land gebore. Hulle is aanvanklik kwesbaar, maar groei relatief vinnig op.

Vinvoetiges is vleisetende roofdiere wat volledig aangepas is om in die water te jag. Hulle ledemate is tot vinagtige pote aangepas. Beide die voor- en agterpote kan gebruik word om mee te swem of op land te loop. Op land kom hulle traag en onhandig voor, terwyl hulle uiters bekwaam en rats in die water is. 'n Dik vetlaag beskerm hulle teen die omliggende koue water.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy