Simfonie

Simfonie
soort van musikale werk/komposisie, musikale vorm, musiekgenre
Subklas vanmusikale samestellingWysig
Datum van stigting of ontstaan16. centuryWysig
Onderhou deur WikiProjekWikiProjek klassieke musiekWysig
Het lyslys van simfonieë volgens nommerWysig
Simfonieë is uitgebreide komposisies wat vir orkes gekomponeer word. Hier is 'n uitvoering van die 8ste Simfonie van Gustav Mahler in die Kölner Philharmonie. Die orkes is die Wuppertaler-sinfonieorchester, gedirigeer deur Heinz-Walter Florin.

'n Simfonie is 'n uitgebreide musikale samestelling in Westerse klassieke musiek, dikwels geskryf deur komponiste vir orkes. Hoewel die term vanaf sy oorsprong in die antieke Griekse era verskeie betekenisse gehad het, het die woord teen die laat 18de eeu die algemene betekenis aangeneem wat dit vandag dra. Die werk bestaan gewoonlik uit verskeie afsonderlike afdelings of bewegings, dikwels vier, met die eerste beweging in sonate-vorm. Simfonieë word dikwels geskryf vir stryk- (viool, altviool, tjello en bas), koper, houtblaas, en perkussie - instrumente, wat beteken dat daar altesaam ongeveer 30-100 musikante in totaal in 'n gebruiklike simfonieorkes (ook filharmoniese orkes- die terme is grootliks uitruilbaar)[1] voorkom. Simfonieë is genoteer in 'n musikale telling, wat al die instrumentele dele bevat. Orkestrale musikante speel uit dele wat die genoteerde musiek vir hul betrokke instrument bevat. 'n Klein aantal simfonieë bevat ook vokale dele (bv. Beethoven se Negende Simfonie).

  1. "Die twee terme word steeds gebruik want somtyds is daar twee orkeste in 'n stad, met die gevolg dat een orkes die filharmoniese-, en die ander orkes die simfonie-orkes genoem word, of vice versa. Dit word in wese slegs ten behoewe van individualiteit en erkenning gedoen. Dit is byvoorbeeld die geval met die Londense Simfonieorkes en die Londense Filharmoniese Orkes. Die simfonieorkes of die filharmoniese orkes is basies dieselfde...'n Orkes sal 'n simfonieorkes genoem word wanneer dit groot genoeg is om simfonieë te speel. Neem byvoorbeeld die geval van Beethoven se 'Korale Simfonie', die Simfonie No. 9; die betrokke simfonie vereis 'n konglomerasie van instrumente soos die Franse horing, kontrabas, fluit, viool I en viool II, fagot, keteltrom, hobo, klarinet, Altviool, Tjello, trompet, volle koor en solo sopraan, alt, tenoor en bas-stemme..." Vryelik vertaal na Afrikaans. http://www.differencebetween.net/language/words-language/difference-between-philharmonic-and-symphony-orchestra/ . Besoek en opgespoor op 16 September 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy