Skattejag

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Kinders kan vir paaseiers soos hierdie jag.

Skattejag word deur 'n groepie kinders gespeel. Hoe meer siele hoe meer vreugde. Dit leer kinders om in 'n span saam te werk, te luister na leidrade en om leidrade te ontsyfer. Leidrade vir kleuters sal makliker wees as vir skoolgaande kinders. Dit kan 'n prentjie wees waarmee die wegsteekplek geassosieer kan word. Die persoon wat die leidrade skryf, kan rympies maak oor die wegsteekplek of die wegsteekplek vaagweg beskryf. Gee ses leidrade indien daar ses kinders is of indien daar te veel kinders vir beskikbare wegsteekplekke is, kan minder leidrade gegee word, solank daar net vir elke kind 'n skat is. Skryf 'n naam op elke leidraad.

'n Volwassene verduidelik die reëls van die spel vooraf. Dit is spanwerk. Elke kind kry 'n beurt om 'n leidraad te lees. Almal luister en bespreek dan moontlikhede van wegsteekplekke. Almal soek dan saam na die volgende leidraad of skat. Die skatte mag eers oopgemaak of geëet word nadat die groep kinders vir die gasvrou/heer, ouers ensovoorts, gesing het: Ons sê baie, baie dankie, ons sê baie, baie dankie... vir 'n lekker dag!

Dit kan op twee maniere gespeel word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy