Skeleton

Vir die artikel oor geraamtes, sien skelet.
Piktogram wat Skeleton aandui
Canfield duik met sy kop eerste op sy slee af
'n Skeleton-jaer in volle vaart

Skeleton is 'n wintersport wat op 'n ysbaan beoefen word. Die deelnemers lê met hul mâe op 'n klein slee terwyl hulle kop eerste teen 'n baan afjaag.[1] Dit is 'n gevaarlike sport waartydens die deelnemers 'n spoed van 140 kilometer per uur (87 myl per uur) kan bereik. Dit word sedert 2002 tydens die Olimpiese Winterspele aangebied, maar is ook tydens die Spele van 1928 en 1948 beoefen.

'n Bobsleebaan word meestal vir die beoefening van die sport ingespan. Spesiale spykerskoene word gedra sodat deelnemers nie tydens die aanloop val nie. Daarna word daar kop eerste op die slee geduik. Ligte skouer-, liggaam-, en kopbewegings word gebruik om die slee om die draaie en kinkels te stuur. Die sport vereis blitsvinnige reflekse en uiterste konsentrasie. Teen die einde moet die deelnemer sy liggaamsgewig verskuif en sy spykerskoene gebruik om te stop. Elke deelnemers kry vier beurte, waarna sy tye bymekaargetel en met die ander mededingers s'n vergelyk word.[2]

  1. Drie mans in span vir die Winterspele[dooie skakel], Beeld, 2 Februarie 2006
  2. Tyler dalk net 2 minute op Winterspele in aksie[dooie skakel], Beeld, 16 Februarie 2006

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy