Skermsport

Piktogram wat skermsport aandui
Skerm as Olimpiese sport
Eindstryd van die Challenge Réseau Ferré de France–Trophée Monal 2012 (Swaard-wêreldbekertoernooi in Parys): Diego Confalonieri (links) en Fabian Kauter (regs)
Die Hongaarse Áron Szilágyi (links) in wedstryd teen Nikolai Kowaljow van Rusland (regs) in die mans se saber-halfeindrondte by die Wêreldbekertoernooi 2013

Skermsport of skermkuns is 'n gevegsport waaraan twee spelers met sabels, florette of skermdegens deelneem.[1] Die doel is om die opponent met die wapen aan te raak; die liggaamsdele wat aangeraak mag word, hang af van die wapen wat gebruik word. Geen skeidsregter word tydens die beoefening van die sport gebruik nie.

Skerm (Frans: escrime; ltaliaans: scherma) is 'n sport waarin behendigheid met die swaard by aanval en verdediging volgens vasgestelde reëls en bewegings getoets word. Die skermsport het sy oorsprong in die riddertyd van die Middeleeue, toe die uitvinding van buskruit die swaard in groot mate as oorlogswapen vervang het.

Voor die tyd het die mens ook vir plesier geskerm, maar dit het dan meer gedien as oefening vir werklike tweegevegte of gevegte op die slagveld. Van die 17e eeu af het die skermkuns verder ontwikkel en is 'n aantal reëls neergelê waaraan skermers hulle moes hou.

Sedert die Olimpiese Spele van Athene, wat in 1896 gehou is, is die skermsport in die program van elke internasionale byeenkoms ingesluit. Daar word met 3 soorte wapens geskerm, naamlik die floret, die sabel en die degen.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mm

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy