Skroef

'n Klomp skroewe.
'n Skroef in aksie.
Links is 'n platkopskroef, regs 'n sterkopskroef.

’n Skroef is ’n skerp stukkie metaal soortgelyk aan ’n spyker, maar met groewe langs die kant af. In teenstelling met spykers wat gekap word om dit in ’n ander voorwerp vas te slaan, word skroewe gedraai. ’n Skroewedraaier word hiervoor ingespan.

Die kop van die skroef het ’n gleuf waar die punt van die skroewedraaier inpas. Die gleuf kan lank en plat of stervormig wees. Skroewe moet kloksgewys gedraai word om hulle vas te draai, en anti-kloksgewys om los te draai.

Skroewe en boute word vir die vasheg van onderdele en werkstukke gebruik. Die skroefdraadbeginsel berus op die omsetting van 'n draaibeweging in 'n reglynige beweging en dit is bekend dat Archimedes (781-212 v.C.) in die Oudheid reeds van 'n draaiende skroef gebruik gemaak het om water te verplaas.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy