Skylab

Skylab op 8 Februarie 1974.

Skylab was die eerste Amerikaanse ruimtestasie wat om die Aarde gewentel het. Dit is op 14 Mei 1973 met ’n Saturn V-vuurpyl gelanseer. Dit het 75 ton geweeg en het hoofsaaklik bestaan uit onderdele wat van die Apollo-program oorgebly het. Dit was die laaste lansering wat met dié tipe vuurpyl uitgevoer is. Die stasie is tydens die lansering beskadig en een sonpaneel het afgebreek, terwyl die ander vasgehaak het en ernstig deur ’n hitteskild beskadig is. Die skade is tydens ’n tweede sending herstel en die Skylab kon tydens verdere sendings gebruik word waarvoor dit bedoel was:

  • navorsing oor of mense vir lang tye in die ruimte kan woon en werk; en
  • die uitbreiding van kennis oor die sonnestelsel.

Verskeie tegniese en mediese eksperimente is uitgevoer waarvoor gewigloosheid nodig was. Die laaste sending het op 16 November 1973 vertrek en op 8 Februarie 1974 teruggekeer. Skylab het hierna vir ’n paar jaar onbeman om die Aarde gewentel, en op 11 Julie 1979 na die Aarde teruggeval. Dit het grotendeels in die atmosfeer verbrand, maar van sy wrakstukke het in Australië en die Indiese Oseaan geval.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy