Sluitweer-remstelsel

'n Sluitweer-remstelsel (algemeen bekend as ABS vanaf Duitse Antiblockiersystem) is 'n stelsel op motorvoertuie wat voorkom dat die wiel sluit wanneer daar gerem word. 'n Sluitweer-remstelsel stel die bestuurder daartoe in staat om beheer te hou oor die voertuig wanneer daar hard gerem word deur te verhoed dat die wiele gly en te verseker dat die wiele aanhou vorentoe rol. Sodoende bly sywaartse beheer oor die voertuig behoue onder leiding van die bestuurder se insette op die stuurwiel. Verder en dalk selfs belangriker is die verkorting van remafstande.

Sedert ABS in algemene gebruik in produksievoertuie geneem is, het ABS-stelsels beduidende voortuitgang gemaak. Weergawes wat onlangs vrygestel is hanteer nie net die ABS funksies nie maar onder andere ook wieltolbeheer, rembystand en elektroniese stabiliteitsbeheer. Die stelsel weeg tans minder as 1.5 kilogram, wat baie minder is as die 6.3 kg wat dit in 1978 geweeg het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy