Sous

Die term sous verwys in die kookkuns na 'n vloeistof wat vir die voorbereiding van voedsel gebruik of by 'n gereg bedien word. Souse is nie geregte in hulle eie reg nie, maar word gebruik om smaak, vogtigheid of 'n aantreklike voorkoms aan 'n gereg te verleen. Feitlik alle volkere het verskeie soorte sous in hulle kookkuns ontwikkel.

Die woord sous is 'n Franse leenwoord (afgelei van sauce) en het sy etimologiese oorsprong in die Latynse salsus ("gesout").


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy