Sphingidae

Pylsterte
Tydperk: 23–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Sphingidae

Die pylsterte (Sphingidae) is 'n familie van motte in die superfamilie Bombycoidea. Die meeste pylsterte is groot vlinders wat snags vlieg; die kleiner soorte vlieg dikwels bedags. In die hele wêreld is daar meer as 'n duisend spesies bekend. Daar is veral baie soorte in die tropiese gebiede, maar hulle kom ook in Suid-Afrika voor, soos die druiwepylstert en die varkoorpylstert

Sommide pylsterte, soos Macroglossum stellatarum, vermag dit om in die lug stil te hang om nektar uit 'n blom te suig. Hierdie vermoë om te swewe is slegs vier maal in nektardrinkende diere geëvolueer: kolibries, bepaalde vlermuise, die sweefvlieë en die pylsterte. Dis 'n opmerklike voorbeeld van konvergente evolusie. Pylsterte se behendige vliegvermoë is dikwels bestudeer. Hulle kan ook vinnig sywaarts vlieg, dalk om aan roofdiere te ontkom. [1]

  1. Kitching, I. (2002). "The phylogenetic relationships of Morgan's Sphinx, Xanthopan morganii (Walker), the tribe Acherontiini, and allied long-tongued hawkmoths". Zoological Journal of the Linnean Society. 135 (4): 471–527. doi:10.1046/j.1096-3642.2002.00021.x.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy