Sponginevesel

'n Sponginevesel bestaan uit 'n gemodifiseerde tipe kollageenproteïen. Dit vorm die vesels wat die sponsnaalde bymekaar hou.[1]

Die eksoskelet van sponsdiere (dus die sigbare dele van die spons) is saamgestel uit 'n mengsel van spongine en/of sponsnaalde. Oor die algemeen word spesies geïdentifiseer op grond van die teenwoordigheid of afwesigheid van sponginevesels in 'n monster. Sponsnaalde is die strukturele komponente van 'n spons, of die boustene van die spons se skelet, en die vorms, groottes en samestelling is uniek vir elke spesie.

  1. Jennifer Gonzales (2016). "Sponges and Spicules". San José State University.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy