Spreeu

Spreeus
'n Europese spreeu (Sturnus vulgaris)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Sturnidae

Genus

Sien teks.

Die familie van die spreeus (Sturnidae) bestaan uit sowat 110 spesies, waarvan die meeste ’n donkerkleurige verekleed met ’n metaalagtige glans het. Sommige spreeus is egter ook vaalkleurig of bont. Dit is lawaaierige voëls wat in groepsverband leef en insekte en vrugte eet.

SturnidaeLamprotornis superbus

Oorspronklik het spreeus net in die Ou Wêreld voorgekom, maar die mens het enkele spesies ook na ander lande ingevoer waar die voëls hulle goed aangepas het. Renostervoëls (genus Buphagus), wat net in Afrika voorkom, word ook soms tot die familie gereken.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy