Sprokie

'n Illustrasie deur Gustave Doré van "Mother Goose" wat sprokies aan kinders voorlees.

'n Sprokie of feëverhaal is 'n kortverhaal wat tot die genre folklore behoort.[1][2] Sulke verhale bevat gewoonlik magie, betowerings en mitiese of fantasievolle wesens. In die meeste kulture is daar geen duidelike lyn wat mite van volks- of sprokiesverhale skei nie; hulle vorm almal saam vorm die literatuur van voorgeletterde samelewings.[3] Sprokies kan onderskei word van ander volksverhale soos legendes (wat gewoonlik geloof in die waarheid van die beskrewe gebeure behels)[4] en eksplisiete morele verhale, insluitend fabels oor diere.

Algemene elemente sluit in dwergies, drake, elwe, feë, reuse, kabouters, aardgeeste, griffioene, meerminne, pratende diere, trolle, eenhorings, monsters, hekse, towenaars, towerkuns en towerspreuke.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named litterm
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named unansea
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named uoe
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Thompson

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy