Staatsveiligheidsraad

Die Staatsveiligheidsraad (SVR) is in 1972 in Suid-Afrika gestig om die regering te adviseer oor die land se nasionale beleid en strategie rakende veiligheid, die implementering daarvan en die bepaling van veiligheidsprioriteite. Die raad rol het verander deurdat die Eerste Ministerskappe van adv. John Vorster en mnr. PW Botha (later Staatspresident), min gebruik is tydens eersgenoemdes en tydens laasgenoemde het dit vele aspekte van die Suid-Afrikaanse publiek se lewens beheer deur in praktyk die kabinet te word. Gedurende daardie jare het die SVR 'n Totale Nasionale Strategie asook 'n Totale Teenrevolusionêre Strategie implementeer en uiteindelik in die middel-tagtigerjare die Nasionale Sekuriteitsbestuurstelsel (NSBS) gevestig.

Ná mnr. FW de Klerk se aanstelling as Staatspresident sou die Kabinet uiteindelik beheer oor die bestuur van die land herwin. Na die 1994-verkiesing is 'n komitee genaamd die Nasionale Intelligensie Koördineringskomitee saamgestel om die Suid-Afrikaanse president te adviseer oor veiligheid en intelligensie sowel as die implementering daarvan.[1]

  1. O'Brien, Kevin A. (2011). The South African Intelligence Services: From Apartheid to Democracy, 1948-2005 (eBook). Studies in Intelligence Series. Routledge. ISBN 978-0-203-84061-0.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy