Sterrepatroon

Brocchi se Sterreswerm, of die Hanger-sterrepatroon, in die sterrebeeld Vos.

In sterrekunde is ’n sterrepatroon, asterisme of gesternte ’n groep sterre wat saam ’n prentjie vorm wat van die Aarde af gesien kan word. Dit kan deel wees van ’n amptelike sterrebeeld of bestaan uit sterre van verskillende sterrebeelde. Nes sterrebeelde word sterrepatrone gevorm deur sterre wat, hoewel hulle ’n prentjie vorm, nie noodwendig naby mekaar of ewe ver van die Aarde af is nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy