Stilbaai

Stilbaai
Dorp
Die Goukourivier skei Stilbaai in 'n oostelike en westelike deel.
Die Goukourivier skei Stilbaai in 'n oostelike en westelike deel.
Byname: 
Baai van die slapende skoonheid
Stilbaai is in Wes-Kaap
Stilbaai
Stilbaai
Koördinate: 34°22′6″S 21°24′40″O / 34.36833°S 21.41111°O / -34.36833; 21.41111
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitTuinroete
Plaaslike MunisipaliteitHessequa
Hoogte
0 m (0 ft)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
6674
Webwerfhttp://www.stilbaaitourism.co.za/

Stilbaai, ook bekend as die Baai van die slapende skoonheid, is 'n dorp langs die suidelike kus van Suid-Afrika, tussen Riversdale en Albertinia, 26 km van die N2 nasionale hoofweg, en ongeveer 4 ure se motorrit vanaf Kaapstad. Dit word met die N2 verbind met die R305-streeksroete. Dit is deel van die Hessequa-munisipaliteit in die Wes-Kaapprovinsie. Die strand by Lappiesbaai is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer en bevat ook die sogenaamde Preekstoel, 'n kenmerkende rots wat uit die sand steek. Die Goukourivier verdeel die dorp in twee, naamlik Stilbaai-oos en Stilbaai-wes, met die hawe geleë op die westelike oewer. Die rivier kan vir ongeveer 15 km bevaar word.

Groot-Jongensfontein is ongeveer 10 km suidwes.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy