Swartmagie

Twee mans roep ’n gees op (omstreeks 1825).

Swartmagie of swartkuns is ’n vorm van towerkuns waar "bose kragte" ingespan word met gewoonlik negatiewe doeleindes of vir eie gewin sonder om die moontlik negatiewe gevolge vir ander in ag te neem. Dit sal byvoorbeeld gebruik word om iemand dood te maak, te wond of skade te berokken. Dit word beskou as die kwaadwillige, "linkerhandse" weergawe van witmagie.

In moderne tye beskou mense dikwels enige magiese of rituele praktyke wat hulle afkeur as "swartmagie".[1]

  1. Jesper Aagaard Petersen (2009). Contemporary religious Satanism: A Critical Anthology. Ashgate Publishing, Ltd. p. 220. ISBN 0-7546-5286-6.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy