Swjatowid

Die Zbruch-idool in Krakau, Pole
Moderne Swjatowid-standbeeld in Głogów, Pole
Moderne Swjatowid-standbeeld in Otrebusy, Pole

Swjatowid (ook Svetovid, Suvid, Svantevit, Zvantevith, Świętowit, ens.) was die Slawiese god van oorlog, vrugbaarheid en oorvloed. Soms word na hom verwys as Beli (of Bjali) Wid (of Vide) (Beli = wit, helder), soos in ’n Serwiese volksgedig:

Vojevao Beli Vide
Tri god'ne s kleti Turci
A čet'ri s crni Ugri...

In Afrikaans:

Wit Wid het oorlog gevoer –
Drie jaar teen die vervloekte Turke
En vier teen die swart Hongare...


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy