Sydney-krieketveld

Sydney-krieketveld
Bynaam SCG
Ligging Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Koördinate 33°53′30″S 151°13′29″O / 33.89167°S 151.22472°O / -33.89167; 151.22472
Eienaar Regering van Nieu-Suid-Wallis
Operateur Sydney Cricket Ground Trust
Kapasiteit 48 000[1][2]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1848
Huurders
Australiese nasionale krieketspan, Nieu-Suid-Wallis krieketspan, Sydney Swans (AFL), Sydney Sixers (BBL), Sydney Sixers (WBBL)

Die Sydney-krieketveld (Engels: Sydney Cricket Ground, kort: SCG) is 'n sportstadion in Sydney, Australië. Dit word gebruik vir Toets-, Internasionale eendag- en Twintig20-krieket, sowel as Aussiereëls-voetbal, Rugby League en rugby-unie.[3]

Dit is die tuisveld van die Nieu-Suid-Wallis Blues krieketspan, die Sydney Sixers in die Big Bash-Liga en die Sydney Swans Australiese Football League klub.

Dit word besit en bedryf deur die Sydney Cricket Ground Trust wat ook die Sydney Voetbalstadion langsaan bestuur. Voordat die sokkerstadion met 44 000 sitplekke in 1988 geopen is, was die Sydney Cricket Ground die hoofplek vir Rugby League in Sydney. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 ingespan.

  1. (en) "Seating Capacities". sydneycricketground.com.au. Sydney Cricket & Sports Ground Trust. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2017. Besoek op 13 September 2015.
  2. (en) "Sydney-krieketveld". Austadiums.com. Austadiums. Besoek op 13 September 2015.
  3. (en) "Sydney Cricket Ground". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 20 Februarie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy