Taaluniversalia

Taaluniversalia is ʼn patroon wat sistematies voorkom onder natuurlike tale en potensieel waar is vir al die tale. Byvoorbeeld, Alle tale het selfstandige naamwoorde en werkwoorde, of Indien ʼn taal gepraat word, het dit konsonante en vokale. Navorsing in die veld van taalkunde is nou verbind aan die studie van taaltipologie en poog om algemeenhede onder tale te ontbloot, moontlik gekoppel aan kognisie, persepsie of ander verstandelike vermoëns. Die studieveld se pionierswerk is grootliks aangepak deur die taalkundige Joseph Greenberg, wat ʼn stel van vyf-en-veertig basiese universalia afgelei het, meestal te doen met sintaksis , uit ʼn studie van ongeveer dertig tale.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy