Taung-kind

Taung-kind
'n Beeld van die fossiel.

Algemene naam Taung-kind
Katalogusnommer Taung 1
Spesie Australopithecus africanus
Ouderdom Sowat 2,8 miljoen jaar; dood op 3,3 jaar
Plek ontdek Taung, Suid-Afrika
Datum ontdek 1924
’n Rekonstruksie van die Taung-kind se gesig.

Die Taung-kind is ’n skedel van die Australopithecus africanus wat in 1924 in ’n kalkgroef in Taung, Suid-Afrika, gevind is deur werkers van die Northern Lime Company. Die skedel het in die besit gekom van Raymond Dart, ’n anatoom van die Universiteit van die Witwatersrand, en hy het die belangrikheid daarvan besef. Hy het die ontdekking in 1925 in die tydskrif Nature gepubliseer en gesê die skedel is van ’n tussenspesie tussen die aap en die mens. Dit is destyds deur die wetenskaplike gemeenskap verwerp weens die geloof dat ’n groter kopbeenkapasiteit nodig was vir loop op twee bene.[1] Sir Arthur Keith het gemeen die kopbeen is dié van ’n jong aap, waarskynlik ’n klein gorilla. Die publiek het die nuwe genus eers 20 jaar later aanvaar en dit het toe ’n ware lid van die Homininae geword.

Die Taung-kind is sowat 2,5 miljoen jaar oud. Daar is eers gereken hy was tussen ses en agt jaar oud toe hy dood is, maar nuwe studies van sy tande het gewys hy was moontlik tussen drie en vier jaar oud.

Die kind het regop geloop, was sowat 125 cm lank en het 30 tot 34 kg geweeg. Sy breinkapasiteit was 405 cm3 en hy het hoofsaaklik in ’n savanne gewoon. Vergelykings met ’n kind van nege dui daarop dat die groeisnelheid tot puberteit van die A. africanus dieselfde was as dié van ’n sjimpansee.

  1. "archaeologyinfo.com: Australopithecus africanus". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2006. Besoek op 26 Februarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy