Teenverstedeliking (ook teen-verstedeliking; in mindere mate verlandeliking) is ’n bevolkingsverspreiding en maatskaplike tendens waar mense uit stedelike gebiede na landelike gebiede trek. Dit het die eerste keer plaasgevind as ’n teenwerking op stedelike verval en oorbevolking. Die sosiale aardrykskundige, Brian Berry, het heel eerste teenverstedeliking ondersoek. [1] Onlangse navorsing het die sosiale en politieke dryfvere agter teenverstedeliking opgeteken, sowel as die impakte daarvan in ontwikkelende lande wat tans massaverstedeliking, soos China, ervaar.[2]