Tenkskepe

Die "Alipine Mystery"

Tenkskepe word vir die massavervoer van stowwe soos olie, steenkool, erts of graan gebruik. Tenkskepe het teen die einde van die 19e eeu in gebruik gekom en na die Tweede Wêreldoorlog het die bedryf 'n sterk groei beleef. Na 1974 het probleme egter ontstaan omdat die tenkskipkapasiteit te groot geword en al die laairuimte nie altyd benut is nie.

Die ontwerp van ʼn tenkskip word gewoonlik aangepas by die soort vrag wat dit moet vervoer. 'n Tenkskip is 'n vragskip wat spesiaal vir massavervoer ontwerp is. Hoewel hoofsaaklik petroleumprodukte soos aardolie en aardgas vervoer word, word spesiale tenkers gebruik vir die vervoer van steenkool en graan en selfs ook vir melasse, wyn en asfalt. Die eerste tenkskepe is waarskynlik deur die Chinese gebou. Hulle het reeds in die 18e eeu tot 50 ton olie in die ruim van seiljonke vervoer.

Met die ontginning van aardolie in 1860 in Noord-Amerika is die olie aanvanklik in vate na Europa vervoer. Kort daarna het die eerste seiltenkskepe egter in gebruik gekom en in 1886 is die eerste stoomaangedrewe tenkskip te water gelaat. Die skip, die Glückauf (2 307 ton) was 91,5 m lank en 11,3 m breed.

Met die toename in aardolievervoer het die tenkskepe groter geword en al hoe meer is gebou. Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was die tonnemaat meestal tussen 10 000 en 15 000 ton, maar daarna is baie groter skepe gebou. In die begin van die sestigerjare het die tonnemaat toegeneem tot ongeveer 100 000 ton, en teen 1970 is skepe van tot 300 000 ton gebou. Teenswoordig word tenkskepe van tot 500 000 ton gebruik. Die grootste tenkskepe word vir die vervoer van ru-olie gebou. Tenkskepe van meer as 200 000 ton staan bekend as VLCC's ("Very Large Crude Carriers") en die van meer as 300 000 ton as ULCC's ("Ultra Large Crude Carriers").


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy