Tholos

Die ingang na die tholos van Atreus.
Die Leeu-tholos by Micene.

’n Tholos (meervoud: tholoi; Grieks: θολωτός τάφος, "koepelgraf"), is ’n byekorfvormige grafkelder wat gekenmerk word deur ’n koepel wat gevorm is deur al hoe kleiner wordende ringe modderstene of klippe.

Tholoi is in verskeie kulture van die Middellandse See-gebied en Wes-Asië gebruik om mense te begrawe, maar soms is hulle vir ander doeleindes gebruik soos huise (Siprus), rituele (Sirië) en forte (Spanje, Sardinië).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy