Tibesti

Nasa-Satellietbeeld van die Tibesti
Franstalige kaart van die Tibesti

Die Tibesti is 'n bergreeks van vulkaniese oorsprong in die noorde van Tsjad met enkele uitlopers in Suid-Libië. Emi Koussi is met 3 415 meter bo seevlak die hoogste bergpiek van die Tibesti en die Saharawoestyn. Noordwes van die Tibesti is die Ahaggar en suidwes is die Aïr geleë. Al drie bergreekse oorheers die sentrale gedeelte van die Saharawoestyn in Noord-Afrika.

Die Tibesti streek sowat 380 km in 'n wes-oostelike rigting en 350 km in 'n noord-suidelike rigting. Dit beslaan 'n oppervlakte van sowat 100 000 km².

In die Tibesti-streek bly veral Berbers; hulle handhaaf 'n nomadiese leefwyse.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy