Tobameer

Tobameer
Die Tobameer en die eiland Samosir. Die Tobameer en die eiland Samosir.
Ligging Noord-Sumatra, Indonesië
Hoogte 905 meter bo seevlak
Koördinate 2°41′N 98°53′O / 2.68°N 98.88°O / 2.68; 98.88
Bergtipe Vulkaan
Laaste uitbarsting 74 000 j. gelede
Ligging van Tobameer op 'n kaart (Indonesië)
Tobameer
Tobameer
Ligging in Indonesië.

Die Tobameer (Indonesies: Danau Toba) is 'n groot natuurlike meer in Noord-Sumatra, Indonesië. Dit lê in 'n kaldera van 'n supervulkaan, in die middel van die noordelike deel van Sumatra. Die meer is 100 km lank, 30 km breed en tot 505 m diep, en die oppervlak is sowat 900 m bo die weevlak. Dit is die grootste meer in Indonesië en die grootste vulkaanmeer in die wêreld.[1]

Die Tobameer is geleë op die terrein van 'n supervulkaniese uitbarsting van 'n geraamde magnitude van VEI-8 wat 69 000 tot 77 000 jaar gelede[2] plaasgevind en die weer wêreldwyd verander het. Onlangse dateringsmetodes dui op 'n akkurater tyd van 74 000 jaar gelede.[3]

Dit was die grootste bekende ontploffende uitbarsting op aarde in die afgelope 25 miljoen jaar. Volgens die Tobakatastrofe-teorie het dit die meeste mense van dié tyd gedood en 'n bevolkingsbottelnek in Sentraaloos-Afrika en Indië geskep wat die genetiese samestelling van mense wêreldwyd tot vandag verander het.[4] Onlangser navorsing trek egter dié bevindings in twyfel.[5]

Daar word aanvaar dat die uitbarsting van Toba gelei het tot 'n vulkaniese winter wat 'n wêreldwye daling in temperatuur van tussen 3 en 5 °C veroorsaak het. Studies van die Malawimeer in Oos-Afrika het getoon aansienlike hoeveelhede as van die Toba-uitbarstings het daar geval, maar daar was min aanduidings van 'n klimaatsverandering in Oos-Afrika.[6]

  1. "LakeNet – Lakes".
  2. Ninkovich, D.; N.J. Shackleton; A.A. Abdel-Monem; J.D. Obradovich; G. Izett (7 Desember 1978). "K−Ar age of the late Pleistocene eruption of Toba, north Sumatra". Nature. Nature Publishing Group. 276 (5688): 574–577. Bibcode:1978Natur.276..574N. doi:10.1038/276574a0. S2CID 4364788.
  3. Vogel, Gretchen, How ancient humans survived global ‘volcanic winter’ from massive eruption, Science, 12 Maart 2018
  4. "When humans faced extinction". BBC. 9 Junie 2003. Besoek op 5 Januarie 2007.
  5. Yost, Chad L.; Jackson, Lily J.; Stone, Jeffery R.; Cohen, Andrew S. (Maart 2018). "Subdecadal phytolith and charcoal records from Lake Malawi, East Africa imply minimal effects on human evolution from the ∼74 ka Toba supereruption". Journal of Human Evolution. 116: 75–94. doi:10.1016/j.jhevol.2017.11.005. PMID 29477183. Besoek op 1 Augustus 2020.
  6. Lane, Christine S.; Ben T. Chorn; Thomas C. Johnson (29 April 2013). "Ash from the Toba supereruption in Lake Malawi shows no volcanic winter in East Africa at 75 ka". Proceedings of the National Academy of Sciences. 110 (20): 8025–8029. Bibcode:2013PNAS..110.8025L. doi:10.1073/pnas.1301474110. PMC 3657767. PMID 23630269.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy