Togaars | ||
---|---|---|
Gepraat in: | China | |
Gebied: | Tarimbekken | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Togaars | |
Skrifstelsel: | Brahmi-skrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | txb xto, txb
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Togaars is een van die mees obskure takke van die Indo-Europese taalgroep. Dit bestaan uit twee tale, Togaars A (Togaars in engere sin – Turfaniaans, Arsi, of Oos-Togaars) en Togaars B (Koetsjies of Wes-Togaars). Die tale is van omtrent die 6de tot die 8ste eeu gepraat, voor dit uitgesterf het en hulle sprekers deur die uitbreidende Oeigoerstamme geassimileer is.
Beide tale is vroeër in die Tarimbekken in Sentraal-Asië, nou die Xinjiang-provinsie van China, gepraat. Die naam is geneem van die Togare (Grieks: Τόχαροι, "Tokharoi") van die Griekse historici (Ptolemy VI, 11, 6). Die word soms met die Yuezhi en die Kushans geïdentifiseer, en die term Tokharistan verwys gewoonlik na 1ste millennium Baktria. 'n Turkse teks verwys na die Turfaniaanse taal (Togaars A) as twqry. Interpretasie is moeilik, maar F. W. K. Müller het dit met die naam van die Baktriese Tokharoi geassosieer.