Tokkelos

Tokkelos of tokkelossie is 'n inheemse Suid-Afrikaanse woord wat "spook" of "bose gees" beteken en algemeen in gebruik is.[1]

'n Tokkelos word gesien as 'n harige, kwaadwillige, klein kabouteragtige, magiese skepsel wat met Sangomas, of "toordokters" geassosieer word.[2]

Daar is nie baie oor tokkelosse self geskryf nie, maar Afrikaanse literatuur verwys algemeen daarna. Die roman Toorberg, deur Etienne van Heerden (1986) is 'n klassieke voorbeeld. Nog 'n voorbeeld is Gerhard Steyn se liedjie, Tokkelossie.[3]

  1. "South Africa: Surprise Surprise, besoek op 27 Augustus 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 26 Augustus 2008.
  2. Artikel oor Sangomas op die Engelse Wikipedia
  3. "Tokkelossie deur Gerhard Steyn". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2009. Besoek op 26 Oktober 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy