Treonien

Eienskappe

Algemeen

Naam Treonien 
IUSTC-naam Treonien
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule C4H9O3N1
Molêre massa 119.12 g/mol
CAS-nommer 80-68-2  
Voorkoms Wit poeier
Fasegedrag
Smeltpunt 228-270°C
Kookpunt 345,8°C
Digtheid
Oplosbaarheid 50 mg/ml

Suur-basis eienskappe

pKa 2,63(karboksiel), 10,43(amino)

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Treonien (afgekort as Thr of T) is 'n α-aminosuur wat gebruik word in die biosintese van proteïene. Dit bevat 'n α-aminogroep (wat in die geprotoneerde −NH3+ vorm onder biologiese toestande voorkom), 'n α-karboksielgroep (wat in die gedeprotoneerde −COO vorm onder biologiese toestande voorkom), en 'n syketting met 'n hidroksiel groep, wat beteken dat dit 'n polêre, ongelaaide aminosuur is. Dit is noodsaaklik in die mens, want die liggaam kan dit nie sintetiseer nie: dit moet uit die dieet verkry word. Threonine word in bakterieë soos E. coli uit aspartaat gesintetiseer.[1] In die genetiese kode word dit gekodeer deur die kodons ACU, ACC, ACA, en ACG.

Treoniensykettings neem dikwels aan waterstofbindings deel; die mees algemene klein motiewe wat só gevorm word is gebaseer op interaksies met serien: ST draaie, ST motiewe (dikwels aan die begin van alfa helikse) en ST krammetjies (gewoonlik in die middel van alfa helikse).

  1. Raïs, Badr; Chassagnole, Christophe; Lettelier, Thierry; Fell, David; Mazat, Jean-Pierre (2001). "Threonine synthesis from aspartate in Escherichia coli cell-free extracts: pathway dynamics" (PDF). J Biochem. 356: 425–32. PMC 1221853. PMID 11368769.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy