Trol

Die Noorse tekenaar en skilder Theodor Kittelsen (1857-1914) se troltekeninge het ons huidige opvatting oor hoe 'n trol daar moet uitsien sterk beïnvloed. Die beeld wys 'n "Trol wat daaroor peins hoe oud hy is" uit die jaar 1911

Die term trol is 'n versamelnaam vir verskeie tipes lelike, mensagtige wesens uit die Nordiese volksdigkuns en tradisionele sprokieswêreld wat hulle wortels in die Oud-Nordiese mitologie het. Alhoewel hul voorkoms en hul eienskappe op verskillende maniere uitgebeeld word, word trolle nogtans meestal as gevaarlik en dom beskryf. Trolle woon by voorkeur in ontoeganklike plekke en natuurgebiede soos byvoorbeeld in die grotte van berge en bosse of in seegrotte.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy