Tsjoekotkasee

Tsjoekotkasee

Die opbreek van ys op die Tsjoekotkasee

Kaart van die Tsjoekotkasee
Koördinate:69°N 172°W / 69°N 172°W / 69; -172
Ligging:Siberië (Rusland), Alaska (Verenigde State
Soort:See van die Arktiese Oseaan
Oppervlakte:595 000 km² (230 000 myl²)
Gemiddelde diepte:50 m (164 vt)

Die Tsjoekotkasee of Tsjoektsjiese See (Russies: Чуко́тское мо́ре, Tsjoekotskoje more) is ’n binnesee van die Arktiese Oseaan. Dit word in die weste begrens deur die De Long-straat, naby Wrangeleiland, en in die ooste deur Point Barrow, Alaska, wat aan die Beaufortsee grens. Beringstraat is die mees suidelike grens en verbind dit met die Beringsee en die Stille Oseaan. Die belangrikste hawe aan die Tsjoekotkasee is Oelen in Rusland. Die Internasionale datumgrens kruis die see van noordwes tot suidoos. Dit is ooswaarts geskuif sodat dit nie deur Wrangeleiland en die outonome okroeg Tsjoekotka op die Russiese vasteland loop nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy