Urinaal

'n Tipiese rangskikking vir urinale wat met behulp van sensors die water spoel, in 'n ry sonder afskortings.

'n Urinaal is 'n openbare gerief waar mans kan urineer. Dit kom gewoonlik in openbare toilette in die Weste voor vir manlike gebruikers (maar minder dikwels in Moslemlande). Hulle word in 'n staande posisie gebruik. Urinale kan water outomaties spoel, dit kan met die druk van 'n knoppie gespoel word, of glad nie in die geval van waterlose urinale. Dit kan as aparte eenhede voorkom (met of sonder afskortings vir privaatheid) of in 'n trogontwerp. Urinale vir vroue bestaan, maar is skaars. Vroue het gewoonlik 'n spesiale toestel nodig om 'n urinaal te gebruik.[1]

Die term "urinaal" kan ook gebruik word vir 'n klein gebou of ander struktuur met so 'n toebehoorsel. Dit word ook gebruik vir 'n klein houer waarin urine vir ontleding versamel word of wat deur byvoorbeeld pasiënte gebruik word wat aan die bed gekluister is.

  1. "A Woman?s Guide on How to Pee Standing". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2003. Besoek op 22 November 2010.{{cite web}}: CS1 maint: unfit URL (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy