Vastetoestand-skyf

'n Moderne 2.5-duim SSD wat in beide persoonlike en skootrekenaars gebruik word.
'n Vastetoestand-skyf met mSATA-koppelvlak

'n Vastetoestand-skyf (Engels: solid-state drive, afgekort SSD) is 'n bergingstoestel waarop data gestoor word. Hierdie toestelle word tipies in rekenaars gebruik en is ontwerp om tradisionlele hardeskywe te vervang. Die skywe stoor inligting op flitsgeheue of skyfies, soortgelyk aan 'n kamera se geheuekaart of 'n USB-geheuestokkie, selfs nadat die krag daarna afgesny is.

SSD's het geen bewegende dele nie en is gevolglik stiller en minder sensitief vir stampe en skokke. Hulle verbruik ook minder krag as tradisionele hardeskywe. Toegang tot data (lees- en skryfspoed) is aansienlik vinniger. Die toegangstyd van 'n SSD is ongeveer 0,1 millisekondes.[1]

Ongelukkig is SSD's nog relatief duur in vergelyking met tradisionele hardeskywe. Die pryse is egter besig om vinnig te daal soos die produksie daarvan toeneem. As gevolg van die voordele wat dit inhou, sal vastetoestand-skywe tradisionele hardeskywe na verwagting in die toekoms verdring.

  1. "SSD vs HDD" (in Engels). StorageReview.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op 14 Junie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy