Ventraal

Die dorsale en ventrale kante van die Reuse-voëlvlerk.

Ventraal is 'n term in anatomie wat maagkant beteken. Dit is van die Latynse woord venter, wat buik beteken, afgelei.

'n Ventrale liggaamsdeel lê aan die maagkant, of voorkant van die liggaam, as die liggaam in sy standaard anatomiese posisie gehou word. Die teenoorgestelde ligging is dorsaal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy