Verkeersveiligheid

Verkeersveiligheid word 'n steeds belangriker faktor namate die aantal voertuie en padgebruikers (voertuiggebruikers sowel as voetgangers) op paaie oral ter wêreld toeneem. Ondanks die brandstofkrisis is daar geen aanduiding dat die motorvoertuig binnekort deur enige ander vervoermiddel vervang gaan word nie. In die VSA besit 1 uit elke 2 inwoners 'n motor.

Sowat 50 % van die aantal mense wat in padongelukke sterf, is voet gangers en fietsryers. Drankmisbruik is 'n belangrike rede vir die hoë ongeluksyfer in Suid-Afrika, wat proporsioneel sowat 7 keer hoër as die in die VSA is. Maatreëls vir vlot en veilige verkeersvloei behels wette wat padgedrag reël, die toepassing van die wette, die opvoeding van padgebruikers en die ontwerp van veiliger paaie en voertuie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy